Beplan jou rit
Hoe om in te skryf
- Kies die regte uitdaging vir jou op die Inskrywingsblad (om die Inskrywingsblad te vind, kies ‘Skryf In’ op die kieslys of klik op ‘Skryf In’ hieronder).
- Inskrywings word deur Entry Ninja hanteer en verskeie betalingsmetodes is beskikbaar.
- Indien jy enige probleme met inskrywings ondervind, is jy welkom om die organiseerders te kontak by info@auroraomdieberg.co.za.
- Indien jy dit mag nodig kry, hier is besonderhede vir enige EFTs/betalings:
Rekeningnaam: AuroraOmDieBerg
Bank: ABSA
Taknaam: 632005
Rekening nr: 937 1644 299
Verwysing: Naam en Van - Jy is ook welkom om in te skryf, op die dag, by Aurora Skougronde.
Hoe laat om weg te spring
Alle deelnemers word versoek om 1 uur voor wegspringtyd aan te meld.
08:00 – Om die Berg (55km Bergfiets uitdaging)
08:15 – Om die Berg – eBike (55km uitdaging)
08:30 – Trapsgewys (20km Grond-/Teerpad fietsrit)
08:45 – Prettrap (10km Prettrap vir fietsryers)
09:00 – Dapper-Stapper (10km roete vir Stappers)
Hoe om daar te kom
Die beste raad is om Google Maps te gebruik. Aurora, die Hoofstad van die Sandveld, is ongeveer 160km noord van Kaapstad en daar is ‘n goeie teerpad tot by die beginpunt van Om die Berg.
Ons sien uit daarna om jou op Aurora te verwelkom!
Verblyf
Verblyf in die omgewing van Aurora en nabygeleë Velddrif, Redelinghuys en Dwarskersbos is beskikbaar. Kampeerplek met basiese geriewe is naby die wegspringplek beskikbaar.
Navrae kan via epos aan die Kerkkantoor van die N.G. Kerk van Aurora gerig word by: ngkerk.aurora@absamail.co.za
Verblyf in Aurora en Omgewing:
Danielshoogte
Kontak: Danie Truter
Tel/Sel: 082 779 9333
https://www.facebook.com/Danielshoogte2
Die Rooi Granaat
Kontak: Evert Smit
Tel/Sel: 072 901 9133
dierooigranaat@sandveld.net
Sonswyserskop
Kontak: Coetzee
Tel/Sel: 066 526 3924
sonwyserskop@gmail.com
https://www.facebook.com/sonwyserskop/