Meer oor die roete
Aurora Om die Berg
Die volledige roete van die Om die Berg se uitdagings
Die volledige roete van die Om die Berg uitdaging is slegs op een dag in die jaar beskikbaar en net aan die ingeskrewe deelnemers van hierdie bergfiets geleentheid. Om al die fietsritte moontlik te maak, doen ‘n hele paar boere moeite om te verseker dat deelnemers kan ry sonder die oponthoud van hekke oopmaak of dalk ‘n kwaai bul in die pad.
Hartlike dank aan die volgende boere vir hul goedgunstiglike samewerking:
-
Albert de Villiers op Fisantevlug en Sterkfontein.
-
Raymond Gibson van Howbill Boerdery met Wickus Immelman (bestuurder) op Sterkfontein.
-
Frans Coetzee en sy seun Kokkie Coetzee van Keurbos en Bo-Kloof.
-
Ian Brand van Perdedam Boerdery tesame met sy vader Van Zyl Brand en broer Van Zyl (jr) op Perdedam.
-
Robert Stone van Stoneberg Farming en Roderick Smit (bestuurder) op Kleigat.
Om die Berg
Die volle 55km van harde fietstrap oor grondpad, sandpad, bergpad en voetpad. Dit verg moed en stamina, maar die uitsig is pragtig.
Trapsgewys & Voetslaan
‘n Heerlike 20km fietsry en drafroete op grondpad en/of teerpad, deur uitgestrekte landerye en veld. Goeie oefening terwyl jy steeds die natuur en die omgewing kan geniet.
Pret Trap & Dapper Stapper
‘n Rustige 10km fietsry of stap op grondpad, met die pragtige natuur, vars lug en lande om jou. Haal diep asem, verpoos ‘n oomblik en luister na die veld.