Waarheen die geld gaan
Aurora Om die Berg
Restourasie en onderhoud van die N.G. Kerk Geboue
Alle fondse wat met Aurora – Om die Berg ingesamel word, sal aangewend word om die geboue van die N.G. Gemeente van Aurora te restoureer en onderhou.
Die kerkgebou op Aurora is reeds meer as 100 jaar oud. Die hoeksteen van die gebou is op 16 April 1908 gelê en die gebou is op 23 Januarie 1909 ingewy. Die orrel is in 1924 ingebou.
Dit is dus belangrik dat die regte kundiges en kenners van historiese geboue ingeroep word om die projekte suksesvol van stapel te stuur. Kundiges het reeds die eerste fases van restourasie voltooi deur die dak te versorg en die loodglasvensters te restoureer.
Hierdie restourasie en onderhoudprojekte kan op die NG Kerk van Aurora se FaceBook blad gevolg word.